Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/10/2012

Hoender met banquière sous ('n sampioensous)

24 salieblare
8 stukke hoender (boudjies en/of dytjies)
sout en varsgemaalde swartpeper
8 klein uie, gehalveer
'n hand vol swart olywe
'n hand vol basiliekruid
olyfolie
400 mℓ banquière sous (gebruik sampioene in plaas van truffels)

Druk drie salieblare onder die vel van elke stuk hoender in.
Plaas die hoender in 'n oondbak en geur met die sout en peper. Drup ook olyfolie oor.
Gooi die banquière sous oor die hoender en plaas die uie by die hoender in die bak.
Plaas die oondbak in 'n 200°C oond en bak vir 40 minute.

Verwyder die hoender en uie uit die oond, garneer met die olywe en basilie en bedien.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment