Melerige aartappels is ideaal vir fynaarappels.
Kook jou aartappels tot sag in soutwater, skil en druk fyn.
Voeg 'n knippie sout, 20 mℓ room en 'n klontjie botter by. Roer met 'n houtlepel tot die mengsel mooi egalig is.
Plaas die aartappels terug in jou kastrol en verhit, terwyl jy dit roer. Hou aan tot dit goed warm is.
Skep in 'n bak en strooi 'n knippie neutmuskaat oor. Bedien dadelik.
Om kapokaartappels te geur, voeg 'n paar eetlepels van een van die volgende by: pesto, parmesaan of olyf tapenade.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
5/19/2012
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment