Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/03/2012

Vinnige chocolate brownies

Jy is NOU lus vir chocolate brownies, maar al die winkels is toe. Hierdie resep neem net 'n paar minute. Die sjokolade kan jy by die 24-uur kafee kry en jy het waarskynlik die res van die bestanddele in jou kombuis.

300 g donker sjokolade
4 eiers
200 g strooisuiker
230 g ongesoute botter, gesmelt
70 g kakao
70 g meel
10 mℓ room

Smelt die sjokolade in 'n mengbak oor 'n pot kookwater.

In 'n aparte mengbak klits jy die eiers en strooisuiker saam en klop dan die botter by.
Sif die kakao en meel by.
Roer die room en sjokolade by.
Gooi uit in 'n gesmeerde bakplaat en bak by 180°C vir 30 minute.

No comments :

Post a Comment