Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/13/2012

Braaiballe

1 pakkie Potato Bake (Bacon & Cheese)
250 ml room (teen kamertemperatuur)
250 ml melk (teen kamertemperatuur)
150 ml gerasperde kaas
2 teelepels fyngekapte knoffel
1 kg witbrood deeg

Smeer 'n Pyrex bak met margarien.

Klop die Potato Bake, melk , room en knoffel goed saam.
Gooi die helfte van die mengsel in die Pyrex bak.

Rol die deeg in balle en blaas dit in die Pyrex bak.
Gooi die res van die mengsel oor die balle en strooi die kaas oor.
Laat dit op 'n warm plek staan om te rys vir 40 minute.

Plaas in 'n oond wat voorverhit is by 180°C en bak vir 35 minute.

Bedien dit warm en gebruik die sous op die bodem van die bak as botter.

Resep: Ronelle

No comments :

Post a Comment