Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/12/2012

Eiers à la Grecque

6 eiers, hardgekook, afgedop en in 'n bak koue water gehou
180 g kabeljoukuite
50 g ongesoute botter
15 mℓ suurlemoensap
10 mℓ gelatien
120 mℓ tamatiesap
250 mℓ mayonnaise

Sny die eiers in die helfte deur.
Verwyder die eiergele en maak dit fyn.

Stamp die kabeljou, eiergele en botter saam fyn in 'n vysel.
Voeg die suurlemoensap en 40 mℓ van die mayonnaise by om dit romerig te maak.
Vul die eierwitte met die mengsel. Druk die eierhelftes nou weer vas aan mekaar en rangskik die eiers op 'n groot bord.

Week die gelatien in die tamatiesap en los dit op oor hitte.
Roer dit by die mayonnaise. Wanneer die mayonnaise verdik skep jy 'n eetlepel daarvan oor elke eier. Sorg dat die eiers bedek is met die sous.

Bedien saam met tamatieslaai.

No comments :

Post a Comment