Sny die bokant van die tamatie af en hol die tamatie uit.
Draai dit om en laat dit vir 'n tydjie staan om te dreineer.
Verhit 'n bietjie olyfolie in 'n pan en braai die tamaties vir 2 minute.
Verwyder die tamaties uit die pan en pak dit op 'n gesmeerde oondplaat en geur met sout en peper.
Breek 'n eier in elke tamatie. Bak dit in 'n warm oond tot die eier gaar is.
Jy kan die eier garneer met fyngekapte soetrissie, pietersielie of salotte.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment