60 mℓ suiker, opgelos in 420 mℓ water
4 druppels vanillageursel
Vulsel
110 g gemengde droëvrugte
stukkie versuikerde lemoenskil
15 g botter
meringue van 2 eierwitte
strooisuiker
sjokoladesous
Bring die suikerwater tot kookpunt, gooi die vanilla by en laat 10 minute lank kook.
Skil en ontpit die appels met 'n appelboor.
Posjeer die appels in die stroop. Draai die appels af en toe om. Hulle moet heeltemal sag word.
Verwyder die appels uit die stroop met 'n dreineerlepel. Behou die stroop. Rangskik solank die appels op die bord / bordjies waarop jy dit gaan bedien.
Berei die vulsel deur al die vrugte op te kap. Meng dit dan oor lae hitte vir 5 minute saam met die botter en 20 mℓ van die stroop.
Vul die appels met die mengsel.
Bedek elke appel met meringue.
Strooi strooisuiker oor en bak tot goudbruin (20 minute) by 150°C.
Gooi warm sjokoladesous oor die meringue net voor bediening.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment