Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/19/2012

Sampioen quiche

250 g sampioene, enige soort, in kwarte gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 mℓ botter
die gerasperde skil van 1 suurlemoen
sout en peper na smaak
10 mℓ koekmeel
250 mℓ room
45 mℓ gerasperde parmesaan
hand vol grasuie, opgekap
3 eiers
'n 400 g pakkie skilfertertdeeg (puff pastry – ready rolled)

Smelt die botter in 'n pan en braai die sampioene stadig tot dit sag is.

Roer die knoffel en suurlemoenskil by.
Verwyder dit van die hitte, geur met sout en peper en roer die meel by. Hou eenkant tot dit afgekoel het.

Klop die eiers, parmesaan, grasuie en room saam.
Meng die sampioenmengsel by. Geur met sout en peper.

Voer 'n gesmeerde tertpan uit met die skilferkorsdeeg.
Gooi die sampioenmengsel in.
Bak vir 30 minute by 180°C.

Bedien saam met 'n groenslaai.

No comments :

Post a Comment