2 koppe sigorei (witloof), gekerf
2 blikke gekapte tamaties
2 knoffelhuisies, fyngedruk
botter
300 g van jou gunsteling pasta
sout en varsgemaalde swartpeper
gerasperde parmesaan
Maak die pasta gaar volgens aanwysings en hou eenkant.
Braai die ui in botter tot dit sag is.
Draai die hitte tot op laag, gooi die knoffel by en braai vir 2 minute.
Voeg nog 'n bietjie botter by, gooi die sigorei by en braai nog 2 minute.
Gooi die tamatie by, geur met sout en peper en laat dit prut vir 20 minute.
Meng die sigoreimengsel met die pasta en strooi parmesaan oor.
Die resep is genoeg vir 3 persone.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment