Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/02/2012

Veerligte eiers / Cocotte eiers / Oeufs cocotte

Jy het individuele soufflé bakkies nodig vir hierdie eiers.

Jou oond moet op 180°C wees en daar moet 'n groot oondpan met warm water gereed staan in die oond.

Plaas 'n klont botter in elke soufflé bakkie en laat dit staan in die warm water.
Breek 2 eiers in elke bakkie.

Wanneer die eiers gaar is word dit met sout en peper gegeur en dadelik bedien.

'n Heerlike variasie hiervan is oeufs cocotte à la crème. Jy laat die botter eers smelt voor jy 20 mℓ room in elke bakkie gooi. Dan breek jy een eier in elke bakkie voor jy dit bak.

Nog 'n idee is om gerasperde kaas oor die eier te strooi.


No comments :

Post a Comment