Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/01/2012

Omelet bonne femme

Die bonne femme is gewoon 'n aanduiding dat daar aartappel, spek en uie in die gereg gebruik word.

2 aartappels, in baie klein blokkies gesny
1 ui, in klein blokkies gesny
6 knopiesampioene, in klein stukkies gesny
3 repies spek, in blokkies gesny
20 g botter
sout en peper
bestanddele vir omelet

Smelt die botter in 'n pan en gooi die aartappel, ui, sampioene en spek by. Geur met sout en peper en plaas die deksel op. Laat dit stadig braai vir 8 minute. Die aartappel en ui moet sag wees en effens bruin. Roer dit af en toe.

Gebruik die basiese resep vir 'n omelet.

Skep die vulsel bo-op en vou toe.

No comments :

Post a Comment