Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/31/2012

Kook met blikkies en pakkies

Die topverkoper Kook met blikkies en pakkies het in 1997 vir die eerste keer verskyn. Vandag is dié gewilde staatmaker terug, volledig hersien en met ’n splinternuwe verpakking.

’n Kookboek spesiaal geskryf vir besige ma’s, haastige kokke en almal wat soms desperaat wonder wat om met die inhoud van hul kos- en yskas aan te vang! Vindingryke resepte wys hoe om ordinêre blikkies en pakkies om te tower in smulgeregte wat met die grootste vertroue aan familie en kuiermense voorgesit kan word.

Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware Jakob. Met ’n paar koskasbestanddele kan jy ’n geurige broodjiie maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord. Om nie eens te praat van die spogpasteie wat aanmekaargeslaan kan word met klaarbereide skilferdeeg en ’n paar bestanddele uit die spenskas. Al is die tyd hoe skraps, kan jy in ’n kits ’n roomys, roommyssous en poedings berei wat die monde sal laat water!

Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar klaarbereide items – of dit nou blikkies, pakkies of klaarbereide deeg is – in jou inkopiemandjie, en met hierdie boek byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Kook met blikkies en pakkies / deur Deona Tait -- Human & Rousseau, 2012. -- 216 p. ; hardeband. -- ISBN 9780798156684 : R 180.00

No comments :

Post a Comment