Loading

Braai | Brood | Drankies | Eier | Graan | Groente | Happies | Inlê | Kaas | Koek | Koekies | Nagereg | Pasta | Pluimvee | Slaai | Sop | Souse | Vegetaries | Vis en Seekos | Vleis | Wild | Voorgereg / Entrée | Hoofgereg | Slaai | Nagereg

Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Wyn | Wynwoordeboek | Bier

8/01/2012

Thaise kekerertjies

Hierdie kekerertjies kan as 'n vegetariese hoofgereg bedien word op basmati rys.

250 g murgpampoentjies, in dun skywe gesny
1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
20 g botter
60 g botter, gesmelte
50 mℓ vars gemmer, fyngekap
1 rissie, ontpit en fyngekap (sit gerus meer by as jy daarvan warm hou)
1 spriet suurlemoengras
1 blik kokosneutmelk (lite)
2 blikke kekerertjies, gedreineer
vars koljander

Braai die soetrissie, murgpampoentjies en knoffel in 20 g botter tot sag.

Meng die gebraaide mengsel met die gesmelte botter, gemmer, rissie, suurlemoengras, kokosneutmelk en kekerertjies.
Plaas die mengsel in 'n oondbak en bedek met foelie.
Bak by 180°C vir 40 minute.
Verwyder die foelie en bak vir nog 20 minute.

Bedien op basmati en garneer met baie vars koljander.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments:

Post a Comment