250 g murgpampoentjies, in dun skywe gesny
1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
20 g botter
60 g botter, gesmelte
50 mℓ vars gemmer, fyngekap
1 rissie, ontpit en fyngekap (sit gerus meer by as jy daarvan warm hou)
1 spriet suurlemoengras
1 blik kokosneutmelk (lite)
2 blikke kekerertjies, gedreineer
vars koljander
Braai die soetrissie, murgpampoentjies en knoffel in 20 g botter tot sag.
Meng die gebraaide mengsel met die gesmelte botter, gemmer, rissie, suurlemoengras, kokosneutmelk en kekerertjies.
Plaas die mengsel in 'n oondbak en bedek met foelie.
Bak by 180°C vir 40 minute.
Verwyder die foelie en bak vir nog 20 minute.
Bedien op basmati en garneer met baie vars koljander.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment