Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/30/2012

Fricandeau

1,5 kg kalfsfilet of kalfsblad
60 g spekvleisvet
6 repe streepspek
3 wortels, in ringe gesny
2 uie, in plat skywe gesny
250 mℓ witwyn
500 mℓ aftreksel / kalfsconsommé
sout en peper
bouquet garni

Werk die vet van spekvleis in die kalf in met 'n vleisnaald.

Lê die spekvleis onder in 'n kastrol en plaas die groente bo-op.
Sit die deksel op en smoor vir 5 minute.

Sit die kalfsvleis op die groente, plaas die bouquet garni in die kastrol, geur met sout en peper en gooi die wyn en aftreksel by.
Bring die inhoud tot kookpunt.
Plaas die kastrol nou in 'n oond van 160°C en smoor vir 1½ uur.
Bedruip die sous van tyd tot tyd met die vloeistof.

Haal die vleis uit die kastrol en syg die sous deur.

Plaas die sous en die vleis terug in die kastrol en kook die sous af, tot die vleis 'n glanslaag kry. Bedruip die vleis aanhoudend terwyl dit kook.
Wanneer die vleis 'n glanslaag het verwyder jy dit uit die kastrol en kook die sous vêrder af tot dit dik is.

Sny die vleis op en bedien dit op groente wat jy apart gaarmaak.

No comments :

Post a Comment