Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2012

’n Feestelike maal vir die sintuie

’n Samespel tussen kos, woord en wyn, musiek en liriek. Kom wees deelgenoot van ’n besonderse ontbyt, voorgesit deur een van Suid-Afrika se voorste gastehuise, De Oudekraal.

Marie Lombaard en haar personeel gaan ’n heerlike driegang-maal voorsit, gekomplementeer deur wyn en vonkelwyn en aangebied deur die Bloemfonteinse wynkenner, Fred Beckley.

Hierby vind u strelende musiek deur die bobaas-pianis Nicol Viljoen. Die woordprogram word opgestel deur Hennie van Coller en aangebied deur Anthea van Jaarsveld en Carien van Coller.

’n Ontbyt waar goeie kos en uitsoekwyn, tesame met ’n fees van woord en musiek inmekaarvloei tot ’n besondere simfonie wat lank daarna nog op die palet, in die oor en in die gedagte sal hang.

Plek: Vishuis-eetsaal, Bloemfontein
Datum: 14 Julie, 09:00 – 12:00
Prys: R280

Vryfees

No comments :

Post a Comment