Was die bessies en droog dit af – moet nie dat die bessies in die water week nie. Weeg dit en maak 'n aantekening van die gewig.
Plaas die bessies in jou kastrol waarmee jy konfyt kook saam met 125 mℓ water vir elke 1 kg bessies.
Bring dit tot kookpunt, skep enige skuim af en laat dit prut vir 10 minute.
Voeg nou suiker by; gelykstaande aan die gewig van die bessies wat jy aangeteken het. Bring dit weer tot kookpunt, skuim af en kook vir 15 minute. Roer gereeld die konfyt.
Gooi die konfyt in gesteriliseerde flesse en seël.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment