Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/03/2012

Oosterse gebakte vis

500 g stokvisfilette
125 mℓ meel
sout en varsgemaalde peper
olie
vars koljander

Sous:
400 mℓ kokosneutmelk
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 cm vars gemmer, fyngekap
4 stingeluie, dun opgesny
2 spriete suurlemoengras, die buitenste blare en punte verwyder en fyn snye daarin gemaak, sny elkeen in drie
1 rissie, die pitte verwyder en fyn opgesny
125 ml opgekapte vars koljander

Geur die meel met sout en peper.

Strooi die meel oor beide kante van die visfilette.

Verhit olie in 'n pan en verbruin die filette aan albei kante. Plaas die vis in 'n gesmeerde oondbak.

Berei die sous voor deur al die bestanddele saam te meng.

Gooi die sous oor die vis.
Bak vir 20 minute by 200°C.

Garneer die vis met vars koljander en bedien dit op basmati rys.

No comments :

Post a Comment