Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2012

Hardgekookte eiers – warm bedien

Sny hardgekookte eiers in die middeldeur en verwyder die geel.
Maak die geel fyn met 'n vurk.
Gooi 'n knippie droë mosterd, 5 mℓ vars gekapte pietersielie en sout en peper. Meng goed.
Gooi 'n druppel witwyn per eier by.
Vul die eiers met die mengsel.

Strooi fyn broodkrummels oor die eiers en sit 'n klontjie botter op elke eier.
Plaas die eiers onder die oondrooster tot dit begin bruin word.

Bedien dadelik.

As jy dit as 'n happie bedien moet dit nie só warm wees dat dit jou gaste se vingers brand nie.

Jy kan dit ook as voorgereg bedien deur 'n halwe eier in 'n bordjie te plaas en Mornay-sous om die eier te gooi. Dan is dit 'n oefs durs à la sauce Mornay.

No comments :

Post a Comment