Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/19/2012

Vegetariese quiche

sout
125 ml fyngekapte murgpampoentjie
1 pakkie blaardeeg
20 mℓ botter
375 mℓ fyngekapte ui
1 fyngekapte groen soetrissie
250 mℓ fyngekapte tamatie
125 mℓ fyngekapte sampioene
1 fyngedrukte knoffelhuisie
varsgemaalde swartpeper
5 eiers, geklop
80 mℓ melk
80 mℓ gerasperde parmesaan
80 mℓ gerasperde cheddar

Strooi 5 mℓ sout oor die murgpampoentjie en laat dit vir ten minste 10 minute staan om te dreineer.

Verhit die oond tot 240°C.
Rol die deeg uit en voer 'n gesmeerde oondbak uit daarmee. Bedek die deeg met waspapier en bak vir 5 minute.

Haal die waspapier van die deeg af en bak vir 'n verdere 5 minute.

Haal die bak uit die oond en stel die hitte af tot op 180°C.

Intussen kan jy die botter smelt en die ui, soetrissie, knoffel, tamatie, sampioene en murgpampoentjie braai tot sag. Dit behoort so 5 minute te neem.
Geur die mengsel met die peper en skep in die kors.

Klop die 5 eiers saam en meng die melk en kaas daarby.
Gooi dit versigtig by die groentemengsel.

Bak in die oond vir 40 minute.
Wanneer jy dit uit die oond verwyder moet jy dit eers vir 5 minute laat staan voor jy dit sny.

Bedien die quiche saam met 'n groenslaai.

No comments :

Post a Comment