Blansjeer die groente:
Wortelgroentes blansjeer jy deur dit in koue water te plaas en dan die water tot kookpunt te bring. Wanneer dit kook verwyder jy die groente.
Vir groen groentes kook jy eers die water en dan dompel jy die groente in die kookwater vir 1 tot 2 minute.
Plaas die groente in 'n oondbak en gooi witwyn of groenteaftreksel by. Geur met sout en peper en plaas 'n bouquet garni in die bak. Die vloeistof behoort so 5 tot 7 cm van die bodem af te lê.
Maak die bak dig toe en plaas in 'n 160°C-oond.
Smoor dit 20 minute per 500 g.
Verdik die sous agterna.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment