Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/13/2012

Baguette

Die Franse baguette is redelik maklik om self te maak.

Los 10 g vars gis op in 340 mℓ louwarm water.

Meng 550 g broodmeel en 10 mℓ sout saam.
Voeg die meelmengsel stadig by die gis, tot dit 'n sagte deeg vorm.

Strooi meel oor 'n oppervlak en keer die deeg daarop uit. Knie die deeg tot dit glad en elasties is; ongeveer 10 minute.

Plaas die deeg in 'n geoliede mengbak en bedek dit met 'n klam doek. Laat dit in 'n warm hoek staan tot dit verdubbel het in grootte.

Slaan die deeg plat met jou hand en deel dit dan in twee.
Rol twee ovaal vorms uit elkeen. Elke vorm met net minder as 70 cm lank wees.
Rol die vorms dan in die lengte op. Sorg dat jy die brood se soom goed toeknyp, anders bars die brood oop tydens die bakproses.
Bedek die twee brode met 'n klam doek en laat staan in 'n warm hoek om te verdubbel in grootte.



Strooi nou meel oor die brode en maak 'n paar vlak snye skuins oor die bokant. Dit is om te verhoed dat die brood kraak in die oond.

Sproei water aan die binnekant van 'n voorverhitte 200°C oond. Bak die baguette in die oond vir 25 minute. Laat dit op 'n draadrak afkoel.

No comments :

Post a Comment