Vir 1 bitoke het jy nodig: 125 g maalvleis, 30 g botter, sout, peper en 'n knypie neutmuskaat.
Meng dit en maak 'n plat bal daarvan (basies 'n burger).
Braai die bitoke gaar in botter.
Verwyder die bitoke uit die pan en gooi 15 mℓ room en 15 mℓ suurlemoensap in die pan.
Roer terwyl jy dit verhit en gooi die sous oor die bitoke wanneer jy dit bedien.
Tradisioneel word dit saam met gebraaide uie en gebraaide aartappels bedien. Klink al hoe meer soos 'n burger!
Jy kan die bitoke ook in geklitste eier doop en die in broodkrummels rol voor jy dit braai.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment