As dit egter net reg voorberei word nie kan dit aaklig wees. Hou by die volgende reëls om jou eiers smaaklik te hou:
1. Die eiers moet so vars as moontlik wees. Toets die eiers deur dit in 'n glas water te plaas. Vars eiers sink en gaan lê op hulle sy. As dit regop staan is dit dalk nog reg, as hulle dryf gooi dit weg.
2. Eiers word ALTYD oor lae hitte gaargemaak.
3. Indien jy die geel en wit van die eiers apart klits of klop, moet NOOIT dieselfde klitser of vurk gebruik nie. Die kleinste bietjie eiergeel sal verhoed dat die wit ordentlik styf raak.
4. Moet nooit eiers by 'n sous voeg wanneer dit nog kook nie – die sous sal skif. Indien eier bygevoeg word om die sous styf te maak, kook die sous oor warm water en voeg die eiers een vir een / bietjie vir bietjie by, terwyl jy aanhoudend roer.
5. Voeg sout altyd teen die einde van die kooktyd by eiers; indien moontlik.
No comments:
Post a Comment