Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/16/2012

Vegetariese pasta

Voorverhit jou oond op 200°C.

Pak 6 gehalveerde tamaties, 'n paar takkies tiemie en 6 knoffelhuisies op 'n bakplaat. Strooi sout en varsgemaalde peper oor en sprinkel 50 mℓ olyfolie oor. Bak dit vir 30 minute.

Haal die plaat uit die oond, druk die knoffel uit en plaas dit saam met die tamaties en 60 mℓ witwyn in 'n voedselverwerker. Maak fyn tot dit 'n sous vorm.

Verhit die sous stadig in 'n souspan en roer 200 g ricotta by. Roer tot dit 'n romerige sous is.

Intussen kook jy 500 g tagliatelle volgens die aanwysings.

Meng die sous met die pasta.

Strooi 40 mℓ fyngekapte pietersielie en parmesaan oor.

No comments :

Post a Comment