Pak 6 gehalveerde tamaties, 'n paar takkies tiemie en 6 knoffelhuisies op 'n bakplaat. Strooi sout en varsgemaalde peper oor en sprinkel 50 mℓ olyfolie oor. Bak dit vir 30 minute.
Haal die plaat uit die oond, druk die knoffel uit en plaas dit saam met die tamaties en 60 mℓ witwyn in 'n voedselverwerker. Maak fyn tot dit 'n sous vorm.
Verhit die sous stadig in 'n souspan en roer 200 g ricotta by. Roer tot dit 'n romerige sous is.
Intussen kook jy 500 g tagliatelle volgens die aanwysings.
Meng die sous met die pasta.
Strooi 40 mℓ fyngekapte pietersielie en parmesaan oor.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments:
Post a Comment