Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/24/2012

Kalfsbrein met eiers / Oeufs à la roumaine

Week 'n paar kalfsbreine in koue water en dreineer. Kook dit dan in soutwater tot die breine begin sag word – nie pap nie. Dit neem net 'n paar minute.
Laat die breine afkoel.

Sny 1 ui in stukkies en braai dit tot sag in botter in 'n pan met 'n dik swaar bodem. Verwyder die ui en hou eenkant.

Gooi nog botter in die pan. Sny die breine in kleine skywe en braai die skywe vir 5 minute.
Verwyder die breine en braai 1 varkniertjie wat jy in dun skywe gesny het in die pan. Plaas die breine terug en meng die twee.
Voeg die ui by.

Maak holtes vir eiers in die mengsel en breek hulle in die holtes.
Plaas die pan in 'n 180°C-oond en bak tot die eiers gestol het. Gewoonlik neem dit nie meer as 5 minute nie.
Geur met sout en peper.

No comments :

Post a Comment