Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/11/2012

Stokbrood

Meng 500 g koekmeel, 5 mℓ sout en 5 mℓ suiker.

Voeg 10 g droë gis by en meng goed.

Vryf 50 mℓ botter by die mengsel en ongeveer 320 mℓ louwarm water om 'n deeg te vorm. Knie die deeg tot glad en sag; ongeveer 5 minute.

Rol die deeg uit en laat dit rys vir 20 minute. Sny lang repe daaruit en draai dit om houtstokkies. Verf met geklitste eier en braai oor medium kole. Week die stokke vir 30 minute in water vooraf; sodat dit nie aan die brand slaan nie.

Jy kan ook vierkante of reghoeke uit die deeg sny, dit met die eier verf en braai vir 15 minute.

Jy kan ook die brood geur deur gerasperde kaas, gekapte uie, gekapte tamatie of jou gunsteling kruie by die deeg in te werk.

No comments :

Post a Comment