Berei mirepoix voor wat met 40 g botter gemaak is. Kook die kruie in die botter tot dit sag is.
Kook 120 mℓ rys in 500 mℓ consommé. In totaal gaan jy ongeveer 1,25 liter consommé nodig hê vir die resep. Gebruik die pakkie rys se aanwysings.
Braai jou skoongemaakte 3 krewe (of 18 garnale) in die mirepoix saam met sout, peper en 'n bouquet garni tot die kreefdoppe verhelder.
Verhit 60 mℓ brandewyn en gooi dit oor die kreef wanneer dit verkleur het. Steek dit aan die brand en laat uitbrand.
Gooi 125 ml witwyn by die kreef en kook tot die vloeistof met twee derdes verminder het.
Gooi 160 ml consommé by en kook stadig vir 10 minute.
Verwyder die kruie en laat alles afkoel.
Verwyder die kreef se vleis uit die doppe en sorg dat dit klein genoeg is om in sop te eet.
Gooi 'n paar doppe, die sop en die rys in 'n voedselverwerker en maak fyn.
Gooi dit deur 'n sif terug in jou soppot saam met enige oorblywende consommé en die kreefvleis.
Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute.
Laat dit effens afkoel voor jy dit bedien. Gooi 'n knippie rooipeper, 160 ml room en 'n paar klein blokkies botter by die sop voor jy dit bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments:
Post a Comment