Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2012

Japtrap koekies

350 g koekmeel
140 g strooisuiker
250 g botter, in blokkies gesny
5 ml sout
3 eiergele
15 ml koue water
suiker

Voorverhit die oond tot 180°C en voer 'n bakplaat uit met bakpapier.

Meng die meel en strooisuiker in 'n mengbak en vryf die botter by. Die mengsel moet lyk soos fyn broodkrummels.

Voeg die sout, eiergele en water by en knie tot jy dit kan begin vorm.
Maak die bak toe met kleefplastiek en laat dit op 'n koel plek staan vir 15 minute.

Strooi meel oor die werksoppervlakte en rol die deeg daaarop uit.
Druk vorms uit en plaas dit op die bakplaat.
Strooi gewone suiker oor en bak tot goudbruin. Dit neem omtrent 15 minute.

No comments :

Post a Comment