Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/05/2012

Rissie rellenos

1 patat
8 groot rissies
100 g bokmelkkaas
sout en varsgemaalde swartpeper
olie
30 mℓ vars koljander, grof gekap
125 mℓ rysmeel
3 eiers, geskei

Bak die patat in 'n 200°C tot baie sag, dit neem omtrent 'n uur.
Laat die patat afkoel en skep dan die vleis uit. Meng dit met die kaas en koljander en geur met sout en peper.

Vryf olie oor die rissies en plaas op 'n bakplaat onder 'n baie warm oondrooster tot hulle begin swart raak – dit neem omtrent 8 minute. Draai die rissies nou en dan.

Laat die rissies afkoel en verwyder dan die swart skil.
Maak 'n sny in elke rissie van onder na bo, sonder om die stingel of die punt deur te sny. Verwyder die pitte versigtig deur die spleet.
Stop elke rissie met die patatmengsel.

Klits die eierwit saam met 'n knippie sout tot dit styf is.
Klits die eiergele met 'n knippie sout en peper en vou die eierwit by.

Doop elke rissie in die eiermengsel en rol dit dan in die meel.

Diepbraai die rissies tot goudbruin – omtrent 8 minute.

Dreineer en bedien warm.

No comments :

Post a Comment