Sny 1,8 kg vleis op in blokkies van 5 cm.
Braai die blokkies in botter om dit te seël.
Bedek die vleis met court bouillon en bring tot kookpunt. Skep enige vet af wat na bo dryf.
Plaas 2 heel uie by die vleis. In een van die uie moet jy 'n naeltjie druk. Voeg ook by 2 wortels wat in kwarte gesny is en 'n bouquet garni.
Laat dit stadig kook: 1¼ uur vir vleis, 45 minute vir pluimvee, 20 minute vir groente en 15 minute vir vis.
Dreineer die vleis en plaas dit in 'n skoon souspan saam met 200 g sampioene en 200 g klein uitjies wat au blanc voorberei is. Verhit dit baie versigtig en bedien met die sous wat jy intussen verdik het.
Jy verdik die sous deur 50 g botter, 50 g meel, 3 eiergele, 160 mℓ room en 'n knippie neutmuskaat by te roer oor lae hitte tot dit verdik.
No comments :
Post a comment