Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/06/2012

Roomaartappels

Kook 500 g klein aartappeltjies in water tot dit net begin sag word. Jy sal moet dophou om te weet wanneer dit reg is.

Sny die aartappels in dun skywe en pak dit in 'n kastrol. Geur met sout, peper, 'n knypie neutmuskaat en 'n skeut suurlemoensap. Sit 'n groot klont botter in die kastrol en gooi 250 mℓ room oor die aartappels. Plaas die deksel op.

Plaas die kastrol op 'n matige plaat. Skud dit van tyd tot tyd dat die aartappels nie aanbrand nie. Moet nie die kastrol oopmaak voor jy dink die aartappels is gaar nie.

Strooi gekapte pietersielie oor die aartappels voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment