Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/09/2012

Beenmurg happies

Beïndruk jou gaste met beenmurg op geroosterde brood.

Die beenmurg moet posjeer word. Hiervoor het jy verkieslik kaasdoek nodig. Draai die beenmurg daarin toe en laat sak dit in kokende aftreksel. Die water moet nie kook wanneer die beenmurg daarin is nie. Vars beenmurg neem 5 minute voor dit reg is; gevriesde beenmurg 8 minute.

Intussen rooster jy gesnyde Franse brood.

Kap die beenmurg fyn sodra dit uit die aftreksel kom en verdeel tussen die brood en geur met sout en peper.
Sprinkel vars gekapte pietersielie oor en bedien dadelik. Die beenmurg moet nie lank staan voor dit bedien word nie.

No comments :

Post a Comment