Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/19/2012

Sjerrie druiwe met crème fraîche

500 g swart of rooi druiwe, gewas en in kwarte gesny
120 mℓ droë sjerrie
250 g crème fraîche
50 mℓ strooisuiker
die skil van 1 suurlemoen

Laat helfte van die druiwe in 100 mℓ van die sjerrie lê vir ten minste 3 uur.

Maak 'n puree van die oorblywende druiwe in jou voedselverwerker en gooi dit deur 'n sif. Behou die sap en gooi die vleis weg.

Meng die res van die sjerrie en die druiwesap by die crème fraîche. Voeg die strooisuiker en die helfte van die suurlemoenskil by en klop met 'n draadklitser tot dit goed gemeng is.
Verdeel die crème fraîche-mengsel tussen 4 glase en plaas die geweekte druiwe bo-op.
Garneer met die res van die suurlemoenskil.

(die resep is genoeg vir 4 persone)

No comments :

Post a Comment