Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/02/2012

Weg! Naweekkos

Of jy op die vakansiehuis se stoep ontbyt eet of iewers om ’n kampvuur in die boendoes sit en smul, Weg! Naweekkos met sy meer as 130 resepte vir kuier-kuier (en soms sommer lê-lê!) eet is byderhand.

Die boek is opgedeel in hoofstukke wat dit maklik maak om disse te kies volgens jou bui:

’n Goeie begin is perfek vir die laat, luilekker ontbyt en bevat lesersgunstelinge soos mieliemeel-pannekoekies en Spaanse aartappelomelet. Omskep jou ontbyttafel in ’n japtrap in ’n fees op ’n rustige naweekoggend.

Pikkos is vir daardie vinnige happies soos heerlike nachos met biltong, slim vulses vir “toasties”, romerige “bunnychow” en Singapoerse garnale wat binne twee minute reg is.

Feeskos bied insiprasie vir kuiers om die braai – plat-braaihoender met chorizo, ’n menigte sosaties en kebabs, marinades vir die lekkerste lamsboud op die kole en sappige idees vir bykosse.

Troetelkos is vir lang aande – eenpotdisse soos jagterspot met olywe, uitmekaarval lamsboud of ’n gegeurde rys.

’n Hele hoofstuk word gewy aan brood – van klapperontbyt-brood tot potbrood met ’n roomsous.

En dan is daar natuurlik iets vir die soettand - met baie idees vir hoe om lekker poeding bymekaar te slaan op ’n oop vuur.

Die meeste resepte kan op die vuur of in ’n pot op die stoof gemaak word, maar is ewe lekker in die oond. Alles in die kenmerkende Weg/Go!-loslitstyl.

Weg! Naweekkos / deur Aletta Lintvelt -- Human & Rousseau, 2012. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798157353 : R 199.95

No comments :

Post a Comment