Begin deur 'n groot stuk botter te smelt in 'n dik swaarboomkastrol.
Gooi nou 250 g sampioene by wat in skywe gesny is en twee hande vol ontpitte olywe.
Laat dit so 'n paar minute prut oor lae hitte saam met 'n knippie droë tiemie.
Verwyder die sampioene en olywe, draai die hitte hoër en braai die steak bruin aan alle kante.
Stel die hitte weer laag en gooi die sampioene en olywe terug.
Plaas die deksel op en kook vir 'n uur.
Verwyder die vleis, sny dit in skywe en pak dit op die bord waarop jy dit gaan bedien. Gooi so m knerts water by die bestanddele in die pot en roer oor hitte tot jy 'n lekker sous het.
Gooi die sous oor die vleis en bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment