1,8 kg beesvleis – gebruik dikrib, borsstuk of binneboud. Die Duitsers maak ook variasies met lam, skaap, kalf, vark en perd.
olie
200 mℓ kookwater
125 mℓ suurroom
Marinade:
500 mℓ witasyn
10 mℓ sout
knippie suiker
10 peperkorrels
3 kruienaeltjies
2 lourierblare
2 uie, fyngekap
2 wortels, in ringe gesny
Plaas al die marinade-bestanddele in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
Laat afkoel.
Plaas die vleis in die marinade, bedek en laat dit vir 3 dae staan. Draai die vleis nou en dan om.
Dreineer die vleis en droog dit af.
Braai weerskante bruin in olie.
Meng 250 mℓ van die marinade vloeistof met die kookwater en gooi dit by die vleis.
Plaas die deksel op en kook oor baie lae hitte vir 3 uur – of tot die vleis sag is. Skep gereeld die vet af.
Roer die suurroom by die vleissous en bedien.
Bedien Rheinischer sauerbrauten saam met gestoofde vrugte, geroomde aartappels en groenbone. Daar word tradisioneel bier gedrink saam met die maal.
(foto Johann H. Addicks)
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment