Jy kan stokvis hiervoor gebruik of koningklipvis.
Gebruik 500 mℓ water vir 'n stuk vis van ongeveer 300 g. Gooi die water in 'n pan saam met 'n ½ klein blikkie tamatiepasta en aftreksel. Moenie die blokkies aftreksel gebruik nie. Die nat aftreksel wat in klein plastiekbakkies te koop is werk die beste – dink dit is 'n Knorr produk. Gebruik 2 bakkies. Groente of hoender sal werk. Roer tot alles goed opgelos is.
Voeg die vis in die sous sodra dit begin kook. Kook stadig vir 15 minute.
Bedien dadelik.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment