Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/25/2012

Geurige rys

Rys is 'n belangrike stapelvoedsel in sekere dele van Indië. In dié areas is dit gereeld die belangrikste deel van 'n maaltyd. Hierdie is 'n Indiese resep wat effe aangepas is. Die resep is genoeg vir 4 persone.

310 mℓ rys
20 mℓ botter
625 mℓ warm water
5 mℓ sout

Spoel die rys af en laat dit in 'n vergiettes dreineer vir 30 minute.

Smelt die botter in 'n swaarboompot en braai die rys daarin vir 2 minute.
Gooi die water en sout by en bring vinnig tot by kookpunt.

Stel die hitte na af tot baie laag en plaas die pot se deksel op. Laat dit 25 minute so kook. Moet nie die deksel oplig nie.

Na die tyd verstreke is, kan jy die deksel lig en die rys liggies vlok met 'n vurk.


Bedien rys altyd met 'n metaallepel. Dit sorg dat die korrels mooi heel bly.

No comments :

Post a Comment