Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/24/2012

Tongvis à la bordelaise / Sole à la bordelaise

Berei klein knopiesampioene en klein uitjies voor deur dit in botter te braai tot die uie begin sag word. Hou eenkant.

Smeer 'n oondbak met botter en strooi fyngekapte wortel en ui op die bodem. Geur skoongemaakte filette tongvis met sout en peper en pak dit op die wortel en ui. Dit moet net een laag vorm.
Voeg 'n bouquet garni en tot 400 mℓ witwyn by, laasgenoemde hang af van hoe groot jou bak is. Die wyn moet genoeg wees vir die vis om daarin te posjeer.
Posjeer dit vir 7 minute en gooi dan die vloeistof af. Behou die vloeistof.

Pak die vis uit op die bord waarop jy dit gaan bedien en pak die klein sampioene en uitjies rondom. Bedek en hou warm.

Voeg 30 mℓ visaftreksel by die vloeistof wat jy gehou het en kook tot dit met die ½ verminder het. Roer 'n klont botter by voor jy dit oor die vis bedien.

No comments :

Post a Comment