Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/17/2012

Madeleines / Petites Madeleines

Marcel Proust het madeleines verewig toe hy geskryf het: “She sent out for one of those short, plump little cakes called petites madeleines, which look as though they had been moulded in the fluted scallop of a pilgrim's shell ... An exquisite pleasure had invaded my senses ...”

Die geheim van hierdie sponskoekies is om al jou bestanddele net reg te hê volgens voorskrif wanneer jy dit maak. Jy het nodig:

2,5 mℓ gemaalde amandel
130 g strooisuiker
2 groot eiers
120 g koekmeel, 4 keer gesif
130 g botter, gesmelt en effens afgekoel
5 mℓ vanilla ekstrak

'n Madeleine-plaat se vorms is skulpvormige. Strooi meel oor die bakplaat en skud dit uit voor jy dit gebruik.

Klits die eiers en suiker saam in 'n mengbak oor kookwater. Die water moet nie aan die bak raak nie. Klits tot die mengsel begin styf raak.
Wanneer dit begin styf raak verwyder jy dit van die hitte en klits tot die mengsel verdubbel in volume. Klits die vanilla aan die einde van die proses by.

Vou die meel en botter by die mengsel; moenie te veel meng nie.
Skep die mengsel met eetlepels in die vorms en bak by 180°C tot dit goudbruin is – so 10 tot 12 minute.
Verwyder die koek uit die bakplaat en laat dit afkoel op 'n draadrak.



(foto Bernard Leprêtre)

No comments :

Post a Comment