Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/18/2012

Ndolé / Vis-en-grondboontjiebredie

Ndolé is die nasionale dis van Kameroen. Die naam verwys na die plant met bitter blare wat in die dis gebruik word. In gebiede waar die plant nie voorkom nie gebruik ons maar spinasie.

500 ml fyngekapte spinasie
500 g van jou gunsteling vis, dit moet reeds halfgaar wees
250 mℓ grondboontjiebotter
1 ui, fyngekap
water
30 mℓ vars fyngekapte gemmer
2 knoffelhuisies, fyngedruk
6 tamaties, fyngekap
45 mℓ olie
sout en peper na smaak

Verhit die olie in 'n groot pot en braai die ui, knoffel en gemmer daarin vir 3 minute.

Voeg die tamaties by, stel die hitte laer en prut dit vir 3 minute.

Voeg die grondboontjiebotter by en meng goed. Indien die mengsel te droog is, kan jy water byvoeg.
Plaas die vis en spinasie in die pot en kook vir 10 minute.

Tradisioneel word ndolé saam met rys bedien.

No comments :

Post a Comment