Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/19/2012

Mwambe / Moambe / Hoender met grondboontjiesous

Mwambe is 'n algemene manier om hoender gaar te maak in die Kongo. Die sous word gewoonlik gemaak van die vrugte en olie van 'n plaaslike palmboom, maar daar is ook 'n weergawe met grondboontjies, Muamba Nsusu. Hierdie is 'n resep vir laasgenoemde.

1,5 kg skoongemaak hoender in stukke gesny
die sap van 'n suurlemoen
sout
5 mℓ rooipeper
30 mℓ olie
2 uie, fyngekap
8 tamaties, fyngekap
2 hande vol spinasie, gekap
250 mℓ grondboontjiebotter

Meng die hoender met die suurlemoensap, sout en rooipeper. Laat dit marineer vir 'n uur.

Verhit die olie in 'n groot kastrol en braai die uie vir 5 minute.
Voeg die hoender by en braai bruin aan alle kante.

Voeg die grondboontjiebotter by en meng alles goed.
Sit die spinasie by, plaas die deksel op en laat dit kook oor lae hitte vir 'n uur. Die hoender moet sag wees.
Bedien saam met rys.

No comments :

Post a Comment