Vir die meringue het jy nodig:
2 eierwitte
110 g strooisuiker
Vir die kastaiingpuree het jy nodig:
450 g kastaiings
1 vanieljeboontjie
30 mℓ suiker
60 mℓ water
Roomvulsel:
140 mℓ room
5 mℓ strooisuiker
2 druppels vanieljegeursel
1 eierwit
15 mℓ gerasperde sjokolade
Berei die meringue deur die eierwitte styf te klop, voeg 45 mℓ van die strooisuiker by en klop dit 1 minuut lank.
Vou die orige strooisuiker by met 'n metaallepel.
Maak 'n meringue van 23 cm op 'n bakplaat.
Bak dit tot bros; omtrent 1 uur.
Kook die skoongemaakte kastaiings saam met die vanieljeboontjie, dreineer en vryf dit deur 'n sif. Behou die vloeistof.
(Hoe om kastaiings te kook)
Los die suiker op op in die water oor hitte. Laat afkoel. Meng dit dan met die kastaiingpuree en voeg 30 mℓ van die kastaiingwater by.
Sit die mengsel in 'n spuitsak en spuit dit op die meringue in die vorm van 'n nessie.
Gooi die room in 'n koue bak en klop dit tot dit begin dik raak. Klop dan die strooisuiker en vanieljegeursel by.
Klop die eierwit styf en klop dit dan by die roommengsel tot alles styf is.
Vul die holte in die kastaiingmengsel met die room.
Strooi gerasperde sjokolade oor die room.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment