Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/30/2012

Blitsvinnige broodrolletjies

750 mℓ koekmeel
30 mℓ bakpoeier
1 mℓ sout
125 mℓ water
2 groot eiers
20 mℓ olie

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.

Klop die eier en water saam in 'n aparte mengbak.

Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng tot dit 'n deeg vorm.

Verhit die olie in 'n pan oor medium hitte.

Rol die deeg in 6 balle en pak die balle in die pan. Plaas 'n deksel op of bedek met foelie.
Bak die broodjies so aan elke kant vir ongeveer 4 minute – tot hulle mooi bruin is.

Die broodjies is op hulle beste as hulle nog warm is.

No comments :

Post a Comment