Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/31/2012

MasterChef South Africa – The Cookbook

Dié boek onthul alles: Die agter-die-skerms oomblikke, terugblikke op die senutergende uitdagings en intieme momente met die deelnemers.

Dis ’n versamelaarsitem propvol resepte – van die deelnemers sowel as van die besoekende sjefs. Waar nodig is die resepte vereenvoudig vir die tuiskok.

Die pragtige foto’s van die geregte inspireer en gee lesers leiding oor hoe om kos aantreklik voor te sit. Etlike wenke en stap-vir-stap foto’s verduidelik die moeiliker voorbereidingsmetodes en tegnieke.

Die perfekte geskenk vir die smulpaap of die realiteits-televisie verslaafde in jou lewe.



MasterChef South Africa – The Cookbook -- Human & Rousseau, 2012. -- 224 p. 90 volkleur foto's ; sagteband. -- ISBN 9780798158176 : R 350.00

No comments :

Post a Comment