Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/26/2012

Gebraaide hoender à la bordelaise

Voor jy met die hoender begin berei jy die groente voor:

Braai 125 g aartappels wat jy in skywe gesny het in botter.
4 artisjok harte, geblansjeer en dan liggies in botter gebraai.
2 uie, in ringe gesny en in botter gebraai.
25 g pietersielie, in botter gebraai.

Sny 'n skoongemaakte hoender in stukke.

Smelt 'n groot stuk botter in 'n swaarboompot en verbruin die hoenderstukke daarin.
Gooi 'n knippie gerasperde knoffel by die hoender.

Gooi 250 mℓ tamatiesous by. Laat dit liggies kook vir 20 minute.

Verwyder die hoender uit die sous.
Roer die groente by die sous en skep dit oor die hoender voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment