65 g sagte botter
125 mℓ grondboontjiebotter
250 mℓ suiker
2 groot eiers
30 mℓ melk
500 mℓ koekmeel
15 mℓ bakpoeier
Gebruik 'n houtlepel of klitser om die botter en grondboontjiebotter saam te verroom.
Voeg die suiker geleidelik by die mengsel.
Voeg die eiers een op 'n slag by en klits goed.
Voeg die melk by.
Sif die meel en bakpoeier saam in 'n aparte bak.
Voeg die meel by die mengsel en meng goed.
Gebruik teelepels om balletjies te maak met die mengsel. Skep dit op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak by 180°C vir 15 minute.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment