250 mℓ rooi lensies
40 mℓ botter
2 uie, fyn opgesny
875 mℓ warm water
12 mℓ sout
7 mℓ garam masala
Spoel die rys en lensies af.
Verhit die botter in jou ryspot en braai die uie tot dit begin goudbruin raak. Verwyder die helfte van die uie en hou dit vir garnering.
Voeg die rys en lensies by en braai vir 3 minute terwyl jy aanhoudend roer.
Voeg die water, sout en garam masala by. Bring tot kookpunt, bedek en prut oor lae hitte vir 25 minute of tot die rys en lensies sag is. Moet nie die deksel oplig terwyl dit prut nie.
Garneer met die uie en bedien warm.
Die resep is genoeg vir 6 persone.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment