Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/04/2012

Vrieskaskoekies

120 g sagte botter
250 mℓ suiker
1 eier, geklits
5 mℓ amandelgeursel
500 mℓ koekmeel
2 mℓ bakpoeier
1 mℓ sout
125 mℓ klapper

Verroom die botter en suiker met 'n menger of 'n houtlepel tot dit lig en donsig is.

Klop die eier en amandelgeursel by.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam in 'n aparte bak.
Roer die klapper by.
Skep die bottermengsel by die droë bestanddele en meng tot dit 'n deeg vorm.

Maak 'n lang staaf van die deeg met 'n deursnee van ongeveer 5 cm. Werk op 'n oppervlakte waarop 'n bietjie meel gestrooi is.
Draai die staaf toe in kleefplastiek en plaas in die vrieskas vir 24 uur.


Verwyder die staaf uit die vrieskas, haal die plastiek af en sny dit in skywe wat 1 cm dik is. Die skywe is die koekies.
Plaas die skywe op bakpapier op 'n bakplaat en bak by 180°C tot goudbruin. Dit neem normaalweg maksimum 15 minute.

No comments :

Post a Comment