Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/28/2012

Hoenderbredie vir die somer

Vir 4 persone het jy 1 kg hoenderstukke nodig. Strooi 20 mℓ sout, 5 mℓ varsgemaalde swartpeper en 50 mℓ gedroogde origanum oor die hoender. Plaas die hoender in die yskas vir 20 minute.

Verhit 20 mℓ botter en 40 mℓ olyfolie saam in 'n swaarboompot en braai die hoender bruin daarin. Haal die hoender uit en hou dit eenkant.
Gooi nou 'n blikkie sampioenstukke in die pot saam met 4 fyngekapte stingeluie en braai vir 5 minute.
Voeg 'n blikkie kekerertjies by en kook verder vir nog 5 minute.
Gooi twee blikkies gekapte tamaties by, plaas die deksel op en kook vir 30 minute.
Plaas nou die hoender terug en gooi nog 'n blikkie tamaties, 'n blikkie heel sampioene en 'n hand vol klein geskilde aartappeltjies by. Kook vir 20 minute of tot die aartappels sag is.
Proe vir sout en peper.

Garneer dit met vars pietersielie en bedien saam met 'n groenslaai.

No comments :

Post a Comment